Description
Die onstuimige gebeurtenisse van die afgelope aantal jare, die eensydige beriggewing en die gekonsentreerde teen die Republiek Suid-Afrika laat steeds meer en meer die vermoede opkom dat hier geheimsinnige magte aan die werk moet wees wat rigting gee aan die verloop van gebeurtenisse en verantwoordelik is vir onrus en die wydverspreide verwarring. Versteurd vra buie Suid-Afrikaners saam met baie mense elders in die wêreld: “WAT beteken alIes?” en veral “WIE sit daaragter?”
Hierdie boek probeer om aan te toon dat tekens daarop dui dat die geskiedenis van Suid-Afrika teen die einde van die twintigste eeu slegs ‘n voortsetting is van die gekonkel en sameswering van verraderlike internasionale magsgroepe wat reeds in die laaste jare van die vorige eeu die Anglo-Boereoorlog laat uitbreek het. Die boek maak openbaar watter magte en geheime manipuleerders daar agter die aanslag teen Suid-Afrika sit. Dit verduidelik watter mikpunte die duistere magte met die sogenaamde “Blank-Suid-Afrika” het.
Dit toon die globaal-strategiese sleutelrol van die land aan en openbaar die sameswering wat bepalend is vir die hele verloop van hierdie eeu en wat tot die oprigting van ‘n sogenaamde “Nuwe Wereldorde” en ‘n totalitêre wêreldregering sou lei. Die skrywer deins nie daarvan terug om ook kontroversiële sake te bespreek nie. Hy beskryf “apartheid” en “rassisme” uit die oogpunt van ‘n Duitse immigrant in die Iig van Suid-Afrikaanse werklikhede en bring so ‘n beeld van Suid-Afrika wat nog maar selde indien ooit vantevore geskilder is. Die reaksie van die buitelandse media was dan ook dienooreenkomstig: geeneen van Duitsland se groot uitgewersfirmas was bereid om die boek te publiseer nie.
“VERRAAD TEEN SUID-AFRIKA” openbaar wat die media verswyg, verduidelik die verborge samehang wat andersins taboe is en bewys sonder enige twyfel dat die beheerde, doelgerigte veldtog teen die Republiek van Suid-Afrika weinig met apartheid en Swart burgerregte te make het, maar oneindig meer met die verborge mikpunte van magsbesete belangegroepe